Zuurfontein Hervormde Gemeente

Zuurfontein Hervormde Gemeente Die gemeente streef daarna om 'n gemeenskap van gelowiges te wees waar ons mekaar liefhet, ons sterk staan in die geloof, ons mense in nood help, en waar o

Gemeente van die Here, op Sondag 22 Maart 2026, tydens die erediens, is dit die vyfde Lydensondag en ons tree dieper in ...
19/03/2026

Gemeente van die Here, op Sondag 22 Maart 2026, tydens die erediens, is dit die vyfde Lydensondag en ons tree dieper in op die pad van Christus se lyding. ’n Pad wat nie net oor pyn en opoffering gaan nie, maar oor vernuwing en nuwe lewe. In hierdie week word ons geroep om ernstig te kyk na ons eie lewens, om, soos Efesiërs 4 ons leer, die ou mens af te lê en die nuwe mens aan te trek wat na God geskape is. Dit is ’n tyd van selfondersoek, bekering en die bewuste keuse om anders te leef, om te breek met wat nie meer by Christus pas nie. Daarom sal ons vandag simbolies vyf kerse doodblaas, een vir elke week van die Lydenstyd wat reeds aangebreek het. ’n Herinnering dat die lig al hoe meer verdof soos ons nader beweeg aan die kruis, maar ook ’n uitnodiging om juis in hierdie donkerte vas te hou aan die Lig van God se genade en vernuwing.

GESKREWE EREDIENS:SONDAG 15 Maart 2026Tema: Lyding bring HoopTeks: Jesaja 53: 4-11Klik op hierdie skakel: https://nhzuur...
16/03/2026

GESKREWE EREDIENS:
SONDAG 15 Maart 2026
Tema: Lyding bring Hoop
Teks: Jesaja 53: 4-11
Klik op hierdie skakel:https://nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2026/03/Lyding-bring-Hoop.pdf

16/03/2026

*LIEF & LEED:*
•Oom Hannes Venter is op Vrydag 13 Maart geopereer om kanker aan sy voorkop en oogbank te verwyder.
•Elsie van Eeden is weer by Haematologie Pretoria Oos hospitaal opgeneem vir verdere dialise.
•Oom Attie Els is oorgeplaas na die Intercare Pysical Rehabilitation Hospitaal – Irene. HY kan besoek word tussen 11:00 en 20:00.
_Zuurfontein Gemeente d**k en bid vir ons geliefdes._

16/03/2026

GEMEENTEPROGRAM: MAART: [16] Huisbesoek: (i) Elize Flooks, 15:00 (ii) Francois van Eeden, 16:00 [17] HTK: Gemeente-analise, 10:00-16:30 > Sinodale Raadsaal [18] Bybelstudie, 9:00 > kerkgebou [22] Vyfde Lydensondag | Koffie, 8:15-8:55 | Erediens: Dr Hannes Janse van Rensburg, 9:00 | Koffie en kuier, 10:00 [23-24] Predikante Ontwikkelings Program (POP) [26] Huisbesoek: (i) Johan Blignaut, 16:00 (ii) Miemie Bezuidenhout, 17:00 [27] SKOLE SLUIT [29] Palmsondag | Koffie, 8:15-8:55 | Erediens: Dr Hannes Janse van Rensburg, 9:00 | Koffie & Kuier, 10:00 [30] SGB Verslag word ingedien [30-31] Groot Lydensweek [31] SGB Dolfynkus. APRIL: [1] SGB Dolfynkus [1-3] Groot Lydensweek [3] GOEIE VRYDAG | Erediens: Nagmaal: Dr Hannes Janse van Rensburg, 9:00 [4] Stil Saterdag [5] Opstandingsondag | Koffie 8:15-8:55 | Erediens: Dr Hannes Janse van Rensburg, 9:00 | Koffie & Kuier, 10:00 [6] FAMILIEDAG [8] SKOLE OPEN | Bybelstudie, 9:00 [10-17] Dr Hannes & Elizabeth met verlof.

15/03/2026
SONDAG 15 Maart 2026Tema: Vierde Lydensondag: LYDING BRING HOOP ~ Jesaja 53: 4-11, 1983.8:15-8:55 Koffie9:00 Erediens : ...
11/03/2026

SONDAG 15 Maart 2026
Tema: Vierde Lydensondag: LYDING BRING HOOP ~ Jesaja 53: 4-11, 1983.
8:15-8:55 Koffie
9:00 Erediens : Dr Hannes Janse van Rensburg
9:00 Kinderkerk vir graad R - 4
10:00 Kategese Graad 5-11
10:00 Koffie & Kuier
10:00 Finkom.

BYBELSTUDIE: Efesiërs 4:17-5:55 ~ Die ou lewe en die nuwe lewe. Woensdag 11 Maart 2026 om 9:00 @ kerkgebou. Kliek op hie...
10/03/2026

BYBELSTUDIE: Efesiërs 4:17-5:55 ~ Die ou lewe en die nuwe lewe. Woensdag 11 Maart 2026 om 9:00 @ kerkgebou. Kliek op hierdie skakel vir die dokument:https://nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2026/03/Efesiers-4-vers-17-tot-5-vers-5.pdf

DRIE VROUE: NAOMI, ORPA & RUT (Rut 1: 6-22). Sondag 8 Maart 2026 om 9:00 @ Zuurfontein Gemeente o.l.v. dr Hannes Janse v...
09/03/2026

DRIE VROUE: NAOMI, ORPA & RUT (Rut 1: 6-22). Sondag 8 Maart 2026 om 9:00 @ Zuurfontein Gemeente o.l.v. dr Hannes Janse van Rensburg. Kliek op die skakel en kyk:

Rut 1: 6-22, 1983

DRIE VROUE: NAOMI, ORPA & RUT (Rut 1: 6-22). Sondag 8 Maart 2026 om 9:00 @ Zuurfontein Gemeente o.l.v. dr Hannes Janse v...
09/03/2026

DRIE VROUE: NAOMI, ORPA & RUT (Rut 1: 6-22). Sondag 8 Maart 2026 om 9:00 @ Zuurfontein Gemeente o.l.v. dr Hannes Janse van Rensburg. Kliek op die skakel en lees:https://nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2026/03/Drie-vroue-Naomi-Rut-en-Orpa.pdf

GEMEENTEPROGRAM: MAART: [10] Huisbesoek: (i) Ben Brits, 10:00 (ii) Marlene Huyzers, 11:00 (iii) Charmaine Roets, 12:00 [...
09/03/2026

GEMEENTEPROGRAM: MAART: [10] Huisbesoek: (i) Ben Brits, 10:00 (ii) Marlene Huyzers, 11:00 (iii) Charmaine Roets, 12:00 [11] Bybelstudie, 9:00 > Kerkgebou | IMN Judicatory: Being a leader means transition, 17:30 > Zoom [12] Predikantenavorsingspan, 12:00 > Emseni [13] IN PAS saam met die predikante van die Ring van Bronkhorstspruit, 9:00-11:00 @ NHKA Witbank-Noord [14] SGB Duncanville, 10:00-12:00 [15] Vierde Lydensondag | Koffie, 8:15-8:55 | Erediens: Dr Hannes Janse van Rensburg, 9:00 | Kinderkerk Graad R-4, 9:00 | Kategese graad 5-11, 10:00 | Koffie & Kuier, 10:00 | Finkom, 10:00 [16] Huisbesoek: (i) Elize Flooks, 15:00 (ii) Francois van Eeden, 16:00 [17] HTK: Gemeente-analise, 10:00-16:30 > Sinodale Raadsaal [18] Bybelstudie, 9:00 > kerkgebou [22] Vyfde Lydensondag | Koffie, 8:15-8:55 | Erediens: Dr Hannes Janse van Rensburg, 9:00 | Kinderkerk Graad R-4, 9:00 | Ds A geyser 25ste Apmsjubileum, 9:00 > dr Hannes Janse van Rensburg | Koffie en kuier, 10:00 [23-24] Predikante Ontwikkelings Program (POP) [26] Huisbesoek: (i) Johan Blignaut, 16:00 (ii) Miemie Bezuidenhout [27] SKOLE SLUIT [29] Palmsondag | Koffie, 8:15-8:55 | Erediens: Dr Hannes Janse van Rensburg, 9:00 | Koffie & Kuier, 10:00 [30] SGB Verslag word ingedien [30-31] Groot Lydensweek. APRIL: [1-3] Groot Lydensweek [3] GOEIE VRYDAG | Erediens: Nagmaal: Dr Hannes Janse van Rensburg, 9:00 [4] Stil Saterdag.

GESPREK MET DIE SILENT GENERATION (Gebore: 1928-1945)Dit was 'n heerlike samekoms. Ons het besef ons is gevorm deur die ...
09/03/2026

GESPREK MET DIE SILENT GENERATION (Gebore: 1928-1945)
Dit was 'n heerlike samekoms. Ons het besef ons is gevorm deur die tyd en onstandighede waarin ons gebore is en grootgeword het.
Die drie groot wêreldgebeure van ons tyd:
*Die groot depressie (1929-1939)
*Die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945)
*Die stigting van die Verenigde Nasies (1945)
Kenmerke van die Silent Generation
*Lojaliteit
*Hardwerkendheid
*Respek vir gesag en orde
*Spaarsamigheid
*Omgee vir ander
Vrae waarmee die gesprek ingelei is:
*Wat was jou gunsteling speletjie as kind?
*Wat was die eerste werk wat jy as jongmens moes doen?
*Wie was die persoon wat jou die meeste beinvloed het?
*Wat was vir jou as kind 'n groot bederf?
*Wat het jongmense gedoen vir ontspanning?
Lees meer hieroor: https://nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2026/03/KOFFIE-GESELS-met-SILENT-GENERATION.pdf

Address

Hv Monument En Highveld
Highveld
1619

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Zuurfontein Hervormde Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share