NG Kerk Monte Vista

NG Kerk Monte Vista NG Kerk Monte Vista is 'n geloofsgemeenskap in die hart van Monte Vista, Kaapstad. Ons fokus op Bybelse prediking en diensbaarheid.

Ons is 'n deel van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en streef daarna om 'n geestelike tuiste vir almal te wees.

03/03/2026

BY HOM 🤍🌿

03/03/2026
20/02/2026

Hoeveel te meer sal Hy nie vir jou sorg 🌸

Gelukkige 60ste verjaarsdag, Ds. Jako! 🎉Vandag dank ons die Here vir jou lewe en roeping. Ons is diep dankbaar vir wie j...
18/02/2026

Gelukkige 60ste verjaarsdag, Ds. Jako! 🎉

Vandag dank ons die Here vir jou lewe en roeping. Ons is diep dankbaar vir wie jy vir ons is – as ons leraar, herder en mede-reisiger op die geloofspad. Ons waardeer jou opregte omgee, jou geduldige luister en die wyse woorde waarmee jy ons elke week bemoedig en nader aan God lei.

Dankie vir alles wat jy vir ons en ons gemeente doen. Ons sien jou toewyding raak, ons voel jou hart vir mense, en ons is dankbaar vir die manier waarop jy altyd met liefde en geloof leiding gee. By NG Kerk Monte Vista is jy ’n groot seën, en ons is bevoorreg om saam met jou te kan dien.

Mag die Here jou vandag en in die jare wat voorlê ryklik seën met gesondheid, vreugde en nuwe krag. Mag jy altyd Sy nabyheid ervaar en weet hoe kosbaar jy vir ons en vir Hom is.

Met liefde en dankbaarheid
NG Kerk Monte Vista Gemeente

Uitspanklub hou verjaarsdag! Baie geluk aan al die lede wat in Januarie en Februarie verjaar het. Gods rykste seën vir '...
10/02/2026

Uitspanklub hou verjaarsdag! Baie geluk aan al die lede wat in Januarie en Februarie verjaar het. Gods rykste seën vir 'n wonderlike nuwe lewensjaar.

01/02/2026

Monte Vista 1 Februarie 2026 Epifanie(4)
Teks : 1 Korintiërs 1: 10-17 : Tema : Wees eensgesind
Daar was eenmaal ‘n groep mense op ‘n boot. Die see was wild, die wind sterk, en
die boot het begin water skep. Maar in plaas daarvan om saam te werk, het hulle
begin stry. Een groep het gesê: “Die probleem is aan die voorkant van die boot!”
‘n Ander groep het gesê: “Nee, dit is aan die agterkant!” Nog ‘n groep het
uitgeroep: “Dis nie ons probleem nie, ons sit in die middel!” Hulle het begin
redekabel met mekaar wie is nou reg, wie se idee is beter, en wie se plan moet nou
eintlik gevolg word. Intussen styg die water al hoër. Toe die boot sink, was almal
reg – maar almal was verlore.

30/01/2026

Dit is altyd mooier om genade te kies🤍✨️

🧺🌿 NG Kerk Monte Vista Piekniek – 14 Februarie 2026! 🌿🧺Merk solank jou kalender en bring die hele gesin saam vir ’n heer...
30/01/2026

🧺🌿 NG Kerk Monte Vista Piekniek – 14 Februarie 2026! 🌿🧺

Merk solank jou kalender en bring die hele gesin saam vir ’n heerlike dag van kuier, kos en samesyn. ❤️
Dis die perfekte manier om Valentynsdag saam met jou gemeente en vriende te vier.

👉 Moet dit nie misloop nie!
Sien die aangehegte advertensie vir al die besonderhede.

29/01/2026

U het na my toe gekom
op die dag toe ek na U geroep het.
U het gesê:
“Moenie bang wees nie.”
‭‭Klaagliedere van Jeremia‬ ‭3‬:‭57‬ ‭

weesstil.co.za

Address

65 Buidendagstraat
Goodwood
7460

Opening Hours

Tuesday 07:00 - 13:00
Wednesday 07:00 - 13:00
Thursday 07:00 - 13:00
Friday 07:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 11:00

Telephone

+27215594900

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Monte Vista posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Monte Vista:

Share