NG Kerk Vrjizee

NG Kerk Vrjizee Hierdie is die plek waar alle informasie wat te doen het met die kerk geplaas kan word.

22/02/2023

Tyd van Vrijzee Gemeente se Sondag oggend eredienste

Die Here beantwoord ons gebede vir die behoud van Vrijzee Gemeente. Ons het nou 2 huurders wat onderskeidelik ons kerkgebou en saal wil gebruik om Sondae hul eie erediens te hou. Die wonder daarvan is: Dit keer ons hele begroting om van ‘n groot tekort na ‘n begroting wat klop!

Die een kerk wil ons kerkgebou huur vir hul dienste op Sondag-oggende. Hulle tyd was altyd 10:00. Hulle sal hul tyd ‘n halfuur aanskuif na 10:30. As ons dan ons tyd ‘n halfuur vroeër maak, kan ons 2 kerke se eredienste op ‘n Sondag-oggend in ons kerkgebou inpas. Hierdie nuwe tye begin dan 12 Maart 2023.

Die Gemeenteraad besef dat hierdie besluit met gemengde gevoelens ontvang kan word: Sommige mense gaan bly wees oor die halfuur vroeër diens – veral in die somer. Ander kan weer voel dit raak te vroeg – dalk in die winter. Maar, net ‘n klein skuif kan soveel vir Vrijzee Gemeente verander.

‘n Tweede kerk begin dan in die saal met hul oggenddienste. Dit het dus geen invloed op die tyd van ons eie erediens nie.

Hierdie besluit is ná ‘n paar weke se gesprek - met gebed-en-danksegging - goedgekeur by ons GR-vergadering van 16 Februarie 2023.

Die Gemeenteraad van Vrijzee gemeente sien dan uit om almal te verwelkom by ons erediense van Sondae: Soggens om 9:00. Dit begin 12 Maart 2023.

Vandag se preek - 5 Feb 2023. Luister op Vrijzee Groep 1.
05/02/2023

Vandag se preek - 5 Feb 2023. Luister op Vrijzee Groep 1.

Bel of Whatsapp my om die boodskap vir jou aan te stuur. Johan - 0835002501
29/01/2023

Bel of Whatsapp my om die boodskap vir jou aan te stuur.
Johan - 0835002501

Tema: 22 Jan 2023
21/01/2023

Tema: 22 Jan 2023

25/12/2022

Vanoggend 1h sit ons buite, kyk en luister na die natuur. En skielik is daar hierdie een baie helder vuurvliegie, wat tussen die bome deur vlieg en sy lig laat flits. Dit was asof God vir my ''n spesiale "Bethlehem ster" gestuur het. Seënwense!

24/12/2022

Mag jy nooit vergeet om op Kersnag boontoe te kyk nie. En dat jy 'n ster sal raaksien wat jou herinner aan dáárdie ster...

Help om ons fondsinsameling vanmiddag te ondersteun.
18/12/2022

Help om ons fondsinsameling vanmiddag te ondersteun.

08/11/2022
Vrijzee Gemeente se Poeding Tafel by NG  Panorama
05/11/2022

Vrijzee Gemeente se Poeding Tafel by NG Panorama

Let's Recycle!
29/10/2022

Let's Recycle!

Môre oggend (30 Okt) se Afrikaanse Erediens om 9:30.
29/10/2022

Môre oggend (30 Okt) se Afrikaanse Erediens om 9:30.

Onthou om Sondag die 18de Desember oop te hou🫶
02/10/2022

Onthou om Sondag die 18de Desember oop te hou🫶

Address

Corner Merriman & Oxtord Str
Goodwood

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Vrjizee posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share