ʼn Geleentheid

ʼn Geleentheid Het jy ʼn behoefte om iewers saam met ander gelowiges in te skakel? Dalk is ʼn Geleentheid die geleentheid vir jou. You are welcome just as you are.

'n Geleentheid is 'n nie dinominasie gebonde byeenkoms waar almal welkom is. Die doen van 'n Geleenheid is om 'n geleentheid daar te stel waar jongmense mekaar kan ondersteun, vir mekaar kan bid, saam kan dra en saam deur geloof in God onderleiding van Sy Gees nader aan God te groei, asook 'n beter verhouding met Hom en onsself te he. 'n Geleentheid is 'n saambid, saam praat, saam groei, en saam

reis geleentheid onderleiding van God se Gees. Onderleiding van God se Gees wil 'n Geleentheid ook uitreik na ander astrome lewende water en boodskap van hoop saam met God en ander in die krake van die lewe waarin mense vasgeval geraak het. Saam gaan ons leer, saam gaan ons groei, saam gaan ons vir mekaar daar wees, en saam gaan ons ander in God se koninkryk na toe uitreik as hande en voete van God se Evangelie en as gestuurdes van die Here wat deel is van Sy huisgesin. Ons wil mekaar nie net warm broei in geloof nie maar deel raak van God se bediening en waar God steeds besig is in die wêreld. 'n Gleentheid het ten doel om saam te bid, saam te praat ,saam te groei en saam te groei, en onder leiding van God se Gees saam uit te gaan en met ander God se Evangelie van liefde en genade te deel uit wat onsself geleer ken het aan Jesus se voete en dit te gaan deel met ander. Jy is welkom net soos jy is.

'n Geleentheid is a non-denominational gathering where everyone is welcome. The purpose of this opportunity is to create a space where young people can support one another, pray together, bear each other's burdens, and grow closer to God through faith under the guidance of His Spirit. These gathering aims to help participants deepen their relationship with God and with each other. 'n Geleentheid is a time for prayer, conversation, growth, and fellowship, all guided by God's Spirit. Through this opportunity, we also hope to reach out to others, offering the message of hope, living water, and God's love to those who feel stuck in the cracks of life. Together, we will learn, grow, support one another, and reach out to others in God's kingdom, serving as the hands and feet of the Gospel. We are sent by the Lord as part of His household to actively participate in His ministry. Our goal is not just to warm each other's faith, but to become active participants in God's work in the world today. 'n Geleentheid aims to pray together, talk together, grow together, and go out together under the guidance of God's Spirit. It seeks to share God's Gospel of love and grace, grounded in what we have learned at the feet of Jesus, and to extend that message to others.

27/10/2025
22/05/2025

🌿Psalm 119:41-48

Hoe kan ons God se wet voortdurend nakom? Deur voortdurend Sy woord te lees en tyd met God te spandeer.
God kom sy beloftes altyd na.
Luister meer na God. Sit net en luister na Hom.
Hoe kan ek vir God lewe?
Is ek iemand wie God kan vertrou?

Skakel in elke Woensdag 18:30 by ‘n Geleentheid. ‘n Veilige ruimte om te groei, te leer, en saam te wees met ander wat God liefhet.

Psalm 119:25–32  Verbondstaal tussen jouself en God. Dit dui op die herstel van jou verhouding met die Here, en wanneer ...
06/05/2025

Psalm 119:25–32
Verbondstaal tussen jouself en God.
Dit dui op die herstel van jou verhouding met die Here, en wanneer daardie verhouding herstel word:

Kom God en verander Hy jou karakter.

Jy begin Hom dieper verstaan.

Jy groei ook in jouself sodat God jou kan vorm en inrig volgens Sy wil.

Die Here spreek in hierdie teks en sê: “Ek is teenwoordig.”
Hy gee aan jou Sy Gees nie die gees van die wêreld nie.Laat jou gees regop staan voor God in eerbied en waarheid.

Ons almal word soms oordek deur stof (sonde) of vind onsself in ’n stofstorm maar, die Here kom en maak jou lewend.

Vra jouself af: Wat tap jou leeg?

Moenie toelaat dat jou lewe iets is waarvoor jy skaam is voor die Here nie.

God wil deurbreek in jou lewe sodat jy self ’n bron van lewende water kan wees.

D**k hieroor na: Wat doen jy met dit wat die Here vir jou gee?

Neem Sy Woord in en volg Sy opdragte.

Glo in God.

Tydens Lydensweek het ons gewerk met Lukas 24.In hierdie diep en heilige tyd van ons geloof, het die Here aan ons die vo...
06/05/2025

Tydens Lydensweek het ons gewerk met Lukas 24.In hierdie diep en heilige tyd van ons geloof, het die Here aan ons die volgende geopenbaar:

“Was ons harte dan nie brandend toe Hy met ons gepraat het nie?” Tog het ons Hom nie herken nie.
Om in verhouding met Hom te leef, sodat ons Hom kan erken.

Wat beteken verlossing werklik? Hoe gebruik ons, ons verlossing tot eer van die Here?

Laat gaan wat jy d**k jy weet, en laat die Here jou opvoed soos ’n vuur wat brand, so moet jy brand vir Hom.

Ware vryheid lê daarin om volkome vir die Here te leef.

Vir baie van ons is die Here ’n vreemdeling hulle aanbid Hom, maar weet nie wie hulle aanbid nie.Ware aanbidding gaan veel dieper as wat ons kan begryp, en dit strek ver bo ons verstand.

Waarom ontstaan daar twyfelgedagtes in ons gemoed?

Wees vandag net bly dat Hy ons Here is.

Here, maak my oë oop!

25/04/2025

Ons gaan verder met Psalm 119:17–24, en word herinner dat God self ons grootste vreugde is.
– “God is my grootste vreugde.” Wanneer Hy in die middel van jou hart is, verander alles. Jou vreugde kom nie meer van dinge of mense nie, maar van Sy teenwoordigheid.
– Die woord dienskneg bevat soveel betekenis:
Diens beteken om te dien en diensbaar te wees.
Kneg is iemand wat onderdanig leef, met liefde en omgee.
– Jy val op jou knieë voor die Here in nederigheid, maar jy staan terselfdertyd regop voor Hom in geloof.
Jy kán nie regop staan sonder God nie.Hy is die Een wat jou staande hou, wat jou anker is. Hy moet meer word, en ek minder.
– Kan U my vertrou?
– Wanneer God jou oë oopmaak, maak dit jou oë oop vir Sy Woord.Dit word nie net iets wat jy lees nie, maar iets wat jou voed en verander.
– As jy die liefde van God ervaar, dring dit jou om meer te wees nie vir jouself nie, maar in Hom. Jy wil groei, jy wil vrug dra, jy wil gehoorsaam wees.
– “Die Here is met ons, ons is met Hom.” Dis 'n verbond. ‘n Lewe saam met God is ‘n lewe van nabyheid, van oorgawe, van wandel in waarheid.
– Laat God toe om te wys wat nie meer in jou lewe hoort nie. Laat Hom toe om dit te verwyder en hê die krag om dinge te laat gaan nie uit straf nie, maar om plek te maak vir lewe.

25/04/2025

Ons gaan verder met Psalm 119:9-16, en reflekteer oor hoe ‘n jong mens op die regte pad kan bly deur volgens God se Woord te leef.

– “U Woord lê naby aan my hart.” Dis nie net iets wat ons sê nie dis iets wat ons moet leef. Sy voorskrifte is soos medisyne: jy moet dit gereeld inneem om werklik te kan genees.
– Bly heeltyd soekend. Moenie ophou leer nie. Elke dag bied ‘n geleentheid om iets nuuts oor God, oor die lewe en oor jouself te ontdek.
– Die druk van die lewe laat ons soms afdwaal nie net van God af nie, maar ook van onsself. Twyfel begin insluip, jy verloor perspektief, en jy begin vergeet wie jy is in Christus.
– Maar in dié oomblikke herinner God ons: Hou jy jou woord aan My? Want Ek hou Myne. Ek sal jou nooit los nie. Ek is getrou.
– Glo in God. En omdat Hy in jou glo. Mag jy ook begin om in jouself te glo nie op jou eie krag nie, maar omdat jy Sy kind is.
– God se Woord is nie ‘n stel reëls nie, dis ‘n bron van lewe. Dis rein, waar, en getrou.Dit lei jou wanneer jy nie weet watter rigting om te vat nie.
– Stoor Sy Woord in jou hart, sodat jy nie afdwaal nie. Herinner jouself daagliks aan Sy beloftes.
– Laat jou hart jubel oor Sy waarheid. Wanneer jy Sy Woord liefkry, begin dit jou vorm, jou denke, jou optrede, jou hele wese.

25/03/2025

Ons reflekteer weer op Psalm 119:1-8.

-Soms is die beste manier om te leer deur dinge te voel en te ervaar. Net soos Jesus lyding en seer ervaar het, gaan ons ook deur pyn.Soms as gevolg van ons eie besluite en dade, en soms as gevolg van ander mense.
-Waar soek jy die Here?
-Word stil,God se teenwoordigheid in stilte.
-Erken jou gevoelens en wees eerlik met die Here sodat Hy jou wysheid kan gee te midde van jou menslike onsekerheid.
-Laat die Here toe om jou hart te vorm en hou op om dinge te probeer beheer.
-Wat beteken dit om volkome oor te gee aan God, en hoe doen mens dit?
-Jy sal nooit alleen of beskaamd staan nie. Al gaan jy deur moeilike tye, sal die Here getrou bly aan Sy woord. Hy is altyd met jou.
-Die belangrikheid van God se woord en hoe dit jou beïnvloed.
-Mense se persepsie van God, maar ken jy Hom werklik?

17/03/2025

Ons kom bymekaar en hoor die volgende uit die teks, Psalm 119:1-8:

-Soek die Here ten volle met jou hele hart en gehoorsaam Sy voorskrifte.
-Die Here gee vir ons wat ons nodig het om geestelik gesond te word en te bly.
-Die Here is regverdig.
-Ware geluk en seën kom van die Here af en word in Hom gevind.
-Spandeer tyd met die Here, want Sy Woord bring standvastigheid in jou lewe en in jouself.
-Ek kry my rus by die Here.
-Hy sal voorsien, al is dit nie altyd soos jy dit verwag of begeer nie. Soms verwag ons 'n sekere uitkoms en raak ons teleurgesteld as dinge nie volgens ons planne verloop nie. Maar vertrou die Here, want Hy sal jou nie verlaat nie.

17/03/2025

'n Geleentheid Saamkoms 5

Skrifgedeelte: Matteus 14:22-33

-Die Here wil tyd met jou spandeer en jou daardeur vorm.
-Hy begeer 'n diep verhouding met jou en gebruik elke seisoen in jou lewe om jou nader aan Hom te bring.
-Hy sal jou altyd beskerm.Selfs in storms en uitdagings is Sy beskerming en sorg oor jou lewe.
- Vertrou jy die Here met alles? Twyfel en vrees kom maklik, maar ware geloof vra dat jy Hom volkome vertrou.
-Gaan teen die berg op selfs in moegheid en nood.
-Jy sal Hom nooit verloor nie.
-Maak nie saak wat gebeur nie, solank jy jou oë op Jesus hou, sal jy nooit verlore gaan nie.
-Erken U is werklik God.
-Die Here steek onmiddellik Sy hand na jou uit. Wanneer jy struikel, is Hy gereed om jou op te lig en te red.
-Hoe beter jy Hom leer ken, hoe makliker is dit om Hom te vertrou, selfs in die donker tye.
-Hoe hou ek my oë op God in die storm?

27/02/2025

Hierdie week neem ons tyd om te reflekteer op Lukas 1:34-45, en die Here het ‘n duidelike en diepgaande boodskap wat Hy deur hierdie Skrifgedeelte aan ons wil openbaar.

-God is bo alles. Bo ons twyfel, pyn en onsekerheid. Hy is met ons, lei ons en hou ons vas soos ‘n liefdevolle Vader.
-Om ‘n verhouding met God te hê beteken nie net om iets uit Sy hand te ontvang nie.Dit beteken om saam die Here 'n pad te stap omdat jy dit voel in jou hart.
-Maria is geroep om Jesus te dra. Sy was bang, mense het getwyfel, en alles was teen haar. Maar God het Sy beloftes vervul! Net soos Maria soms gewonder het of sy die Here se plan kon vertrou, twyfel ons ook soms.
-Dit is ‘n eer om God te ken. Om te weet dat Jesus ons gered het, dat ons nuut en wedergebore is, en dat Hy ons laste gedra het—niks in hierdie lewe kan ooit opweeg teen daardie waarheid nie. Net soos in enige verhouding, werk dit twee kante toe. God het Sy deel gedoen, nou moet ons kies om Hom te volg.
-Hoe kyk jy verder as die wêreld?
-As deel van die gemeenskap van die heiliges, is dit ons taak om God se waarheid suiwer te hou.Dit beteken om te staan vir die waarheid, selfs wanneer dit nie gewild is nie.
-Ons het mekaar nodig om sterk te bly in ons geloof.
-In vandag se wêreld, waar ons alles onmiddellik wil hê, is gehoorsaamheid aan God ‘n uitdaging.
-Die krag van ons woorde is beperk, maar die krag van die Here se Woord is alomteenwoordig, ewigdurend en lewend.
-Dit herinner ons ook daaraan dat elkeen die geleentheid het om Jesus te volg en Hom te aanvaar. God se wonderwerke en liefde is nie tot ‘n paar beperk nie; Sy verlossing is beskikbaar vir almal wat glo.
-Vertroue , om die Here se dienskneg te wees, beteken om aan Sy plan oor te gee, Sy leiding te vertrou en Hom toe te laat om ons te lei.Soos 'n kind vol opgewondenheid die Here te gehoorsaam en met vreugde uit te sien na die lewe.

Die Here sal doen wat Hy gesê het. Gaan jy doen wat jy gesê het?

Address

25 Sylvia Street, Heatherdale AH
Akasia
0182

Opening Hours

18:00 - 20:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ʼn Geleentheid posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share