19/04/2026
Sondag diens NAC De Aar Congregation is waargeneem deur CEV Roberts en bygestaan deur Pr Pain. Na diens het die ampte sondagskool lesse aangebied
Lukas 8 : 16
Niemand steek 'n lamp op en maak dit dan met iets toe of sit dit onder 'n bed nie. Inteendeel, hy sit dit op 'n staander sodat die mense wat binnekom, die lig kan sien.
Lig = waarheid, geloof en God se woord
As jy God ken en Sy waarheid hoor, moet jy dit nie wegsteek nie
Jou lewe moet soos ’n lig wees wat ander kan sien
Moenie skaam wees oor jou geloof nie
Leef op ’n manier dat ander God deur jou kan sien
Deel goeie dinge – liefde, vriendelikheid, waarheid
Jou optrede kan ’n verskil maak in iemand anders se lew
❤️ As jy iets goeds ontvang het (God se liefde), hou dit nie vir jouself nie—laat dit wys in hoe jy praat en optree.