NG Gemeente Saldanha

  • Home
  • NG Gemeente Saldanha

NG Gemeente Saldanha Die gemeente van Saldanha is 'n Godgegewe hawe van heil. Geleë h/v Berg- en Kerkstraat, Saldanha. Sondag eredienste om 09:30.

Nadat die pad tussen Vredenburg en Saldanha in 1911 gebou is, was daar ’n behoefte na ‘n eie gemeente in Saldanha. Daar is gebruik gemaak van ‘n “ou Kerkie” en so het die Saldanha-wyk ontstaan. Daar is besluit dat die Saldanha wyk mag afstig van die Vredenburg Moedergemeente en ‘n eie gemeente naamlik Saldanha-Noord is gestig op 22 Julie 1966. Op 20 April 1971 word ‘n skrywe gerig aan die militêr

e NG gemeente in Saldanha waarin hulle gevra word of hulle bereid sou wees om afstand te doen van die benaming ‘Saldanha’ om sodoende die naam van ‘Saldanha-Noord’ gemeente te verander na ‘Saldanha’ gemeente en dat die militêre gemeente as ‘Saldanha Militêr’ bekend sal staan. Die kerkraad keur hierdie aansoek goed en die bouplanne vir ‘n nuwe kerkgebou word in Augustus 1977 goedgekeur. Die nuwe kerkgebou word op 4 November 1978 ingewy. In 2002 word Saldanha Militêr weer ingelyf by die Saldanha Gemeente.

Teken dit aan in jou dagboek - NG Saldanha hou basaar op 31 Oktober!Meer inligting oor al die aktiwiteite en heerlike ko...
27/08/2026

Teken dit aan in jou dagboek - NG Saldanha hou basaar op 31 Oktober!

Meer inligting oor al die aktiwiteite en heerlike kos volg binnekort.🥳

Dankie Weslander!
02/08/2026

Dankie Weslander!

Die NG Kerk Saldanha-gemeente het onlangs sy 60ste bestaansjaar met 'n feesweek vol musiek, aanbidding, gemeenskap en dankbaarheid gevier.

Vandag vanaf 14:00 - 18:00 in die kerksaal.
30/07/2026

Vandag vanaf 14:00 - 18:00 in die kerksaal.

26/07/2026

Ons Feeslied, woorde deur Erna du Plessis.

26/07/2026

NG Saldanha se kinders vier ook ons 60ste verjaardag!

26/07/2026

Ons vier ons oudste lidmate.

Feesdiens en boomplant deel 1
26/07/2026

Feesdiens en boomplant deel 1

Ons Weskus Jesus Kinders het lekker fees gevier🥳🙌
25/07/2026

Ons Weskus Jesus Kinders het lekker fees gevier🥳🙌

24/07/2026

So I throw up my hands
And praise You again and again
'Cause all that I have is a
Hallelujah, hallelujah
And I know it's not much
But I've nothing else fit for a King
Except for a heart singing
Hallelujah, hallelujah.

Address

Posbus 1

7395

Telephone

0227141457

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Gemeente Saldanha posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Gemeente Saldanha:

Shortcuts

  • Want your place of worship to be the top-listed Place Of Worship?

Share