16/08/2024
Steeds op die onderwerp van plaaslike uitreik en wereldsending: daar is werklik redes tot groot kommer. Die Kerk het nie geld nie want die gemeentelede is verarm. Kerkroetines, kerkonderhoud, gemeentesorg, armsorg en sending ly toenemende skade. Dit terwyl die Skrif in Deut 8:17-18 aandui dat God ons die vermoe gee om rykdom te genereer! Ons as Gelowiges wat die Skrif het, bekering ken, die drie-enige werking van die Godheid ken, wonderwerke beleef, die geloofsgemeenskappe rondom ons het, die samekomste beleef, die wolk van getuies het, profesie het, Jesus Christus van Nasaret as Verlosser en Saligmaker het, salwing van die Heilige Gees ontvang, ... maar ons is verarm! Liewe en geleerde kerkleiers, hoe het die kuddes in hierdie gemors en elende beland? Onder julle toesig? Kan Mat 24:45-51 moontlik iets daarmee te doen vervat? Wat het die Christendom beroof? Wie het dit toegelaat? Hoe het omstandighede rondom ons so verander dat ons ingeperk, omsingel en magteloos staan? Maar, Prys die Here, daar is baie getuienis dat gemeentes wat hul toewy aan uitreik, sending en die uitstuur van sendelinge, groot vrug en seen beleef. Mag helewing en gehoorsaamheid aan die Groot Opdrag, soos die Skrif dit uitle, elke Christen se vurigste hartklop wees. Ook sendingegrigde Christene wat kerkvervreemd geraak het. Die Kerk moet vermenigvuldig, deur elke geslag, sodat God geloof kan word deur alle volke, tale, nasies en stamme (Open 7:9)! Al sal almal aldus Johannes hoofstuk 17, nie die Goeie Nuus wil aanneem nie.